Reünie 2008!

Alle huidige en oud-lede: Neem kennis van die revuereünie wat begin Augustus 2008 sal plaasvind. Ons beplan om soveel as moontlik lede wat van 1993 - 2008 aan die revue deelgeneem het bymekaar te kry.
Stuur asb. jul volledige kontakbesonderhede (Tel, e-pos & faksnr) aan elzanne_b@yahoo.com . Versprei asb. die nuus aan almal waarmee julle nog kontak het.

Thursday, September 20, 2007

2006 - Shine!





2005 - Cinemagic






2004 - Ieshh

Under Construction

2003 - Going West

Under Construction

2002 - Aladdin

Under Construction

2001 - The Road to Fame





2000 - A Tribute to Music



1999 - Countdown



1998 - Kaskades




1997 - Downtown




1996 - In Vervoering




1995 - Kapityt!





1994 - Vensters





1993 - 'n Lied vir die Lewe






Van Toeka tot Nou

Hier is 'n paar fotos van jare terug. Dit behoort vir baie van julle 'n groot "trip down memory lane" te wees. Dankie aan meneer De Witt wat so gaaf was om al die fotos te gaan inscan.

Tuesday, September 11, 2007

Agter die skerms, maar voor in die koor...

Oor die jare het daar verskeie mense al hard gewerk om van die revue 'n sukses te maak. Daar is egter 'n paar wat al jare betrokke is:

Mnr. Jan de Witt is sedert die groep se ontstaan in 1993 die regisseur en het oor die jare tientalle suksesvolle produksies op die planke gebring. Die Tokrevueries was sy breinkind en sy groot liefde en passie vir die verhoog, musiek, mense en soveel meer is die resep vir elke jaar se suksesvolle show.

Mnr Jan en Tannie Erika de Witt

Elton Fortune, ‘n bekende choreograaf van JHB, behartig die choreografie die afgelope 12 jaar. Hy is voltyds betrokke by die Universiteit van Johannesburg en het in sy lewe al verskeie briljante shows gechoreografeer. Ons is bevoorreg om hom as choreograaf te hê.

Elzanne Boucher is sedert 1999 musiekreggisseur van die groep. Sy is die afgelope 12 jaar betrokke en was vanaf 1996 tot 2003 op die verhoog as lid van die groep. Nadat die tema vir die jaar bepaal is werk Elzanne nóú saam met die vervaardigers van die klankbaan ten opsigte van die keuse van liedjies ens. vir die show. Sy rond ook die groep elke jaar af vir die opname van 'n CD.

Elrien Bloem (néé Bezuidenhout) is die danskaptein van die groep en neem by Elton oor as hy teruggaan Johannesburg toe na afloop van ons jaarlikse choreografieweek. Sy sorg dan dat die studente hulle passies ken en doen die nodige afronding aan die danse. Elrien was van 1999 tot 2004 self ook op die verhoog.

V.l.n.r. Elrien, Elton en Elzanne